Stoei
Geluk aan ons Grey-stoeier, Crowther van Niekerk, wat ‘n 4de plek verower het tydens die “African Continental Championships” in Tunisië. Hy het Suid-Afrika verteenwoordig as ‘ lid van die Junior Grieks Romeinse span en in die gewigsklas o/82kg gestoei.
"Powerlifting"
Twee van ons matriekleerders het uitstekend presteer tydens die Nasionale “Powerlifting” kampioenskappe wat in Potchefstroom gehou is.
Martin van der Merwe is aangewys as die algehele wenner in die afdeling 120kg plus vir o/18’s enbreek die rekord in die “bench-press” met ‘n gewig van 170 kg.
Melt Meyer is ook aangewys as die algehele wenner in die afdeling 105-120 kg vir o/18’s.
Sokker | Soccer
Ons eerste sokkerspan het aan die Wynberg Winterfees( Noord vs Suid) in Kaapstad deelgeneem en ons Grey-manne het met die goud weggestap as die toernooiwenners. Die uitslae was as volg:
Grey 2-0 Mondale | Grey 1-0 Rondebosch | Grey 0-0 Wynberg | Grey 2-0 Westerford | Grey 2-1 St. Joseph’s | Grey 2-0 Paul Roos | Grey 4-0 Pinelands | Grey 5-0 Bishops |
In die finaal het die manne vir Mondale met 2-1 geklop. ‘n Toerspan met geselekteerde spelers van verskeie skole is aangewys en drie van ons. Lesedi Mokwena (doelwagter), Eagan Vollenhoven (verdediger) en Henka Scheepers (verdediger). Eagan is ook aangewys as die “Verdediger van die toernooi”.
Tennis
Die Growthpoint Junior Nasionale tennistoernooi onlangs plaasgevind en Joubert Klopper is as die SA-kampioen in die enkels, sowel as in die dubbels gekroon.
Atletiek | Athletics
ATLEET | OUDERDOM | ITEM | PRESTASIE |
---|---|---|---|
Aron Alvarez Aranda | o/15 | Hamergooi | 1ste (49.79m) |
Diskus | 1ste (61.30m) | ||
Gewigstoot | 8ste | ||
Ethan Muller | o/15 | 200m semi’s | 5de |
100m semi’s | 8ste | ||
Janco Scheepers | o/15 | 200m | Semi’s 7de |
Jean-Jacques Holtzhausen | o/15 (eintlik o/14) | 1500 | Finaal 6de |
Daniello May | o/15 | Verspring | 10de |
Gunter van Rensburg | o/15 | Hoogspring | 11de |
Lian van der Merwe | o/17 (eintlik o/16) | 110Hekkies | 7de |
DJ Liebenberg | o/17 (eintlik o/16) | Diskus Gewigstoot | 8ste 6de |
Lucky Moleyane | o/17 (eintlik o/16) | 100m | Semi’s 4de |
Wikus Vosloo | o/19 | 110 Hekkies | 6de |
Nico van Nieuwenhuizen | o/19 | Hamergooi | 10de |
Diskus | 9de |
Skaak
Vier van ons skaakspelers het aan die B-afdeling van die Mangaung Metro Skaaktoernooi deelgeneem en boonop die eerste drie plekke verower.
Seromo Leabua (1ste)Cata Toni (2de)
Seekoei Reatile (3de)