GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Boere-orkes

Soortgelyk aan die ons Gumbootdansers, is die Boereorkes ‘n unieke en uiters gewilde groep. Daar is ‘n junior en senior groep wat gewoonlik sorg vir groot vermaak tydens opedae en ander funksies.

Grey Kollege se Junior- en Senior Boereorkeste is steeds hierdie jaar uiters professioneel deur mnr. Anton Greeff afgerig.
Die senior groep het beplan om vanjaar aan die Boeremusiekgilde van Suid-Afrika se landwye kompetisie in Pretoria deel te neem, maar hierdie planne is deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery. Die verwagting is dat dit volgende jaar hervat sal word.

A. Greeff en B. Myburgh

For more information, please contact me
Scroll Up
X