GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Debat | Debating

Jean-Charles Harvey, ’n Franse joernalis en skrywer het die volgende gesê:  “ ’n Mens word altyd vertel om te glo.  Maar ek sê:  bevraagteken dinge.  Dit is die basis van kennis omdat dit essensieel is in die soeke na die waarheid.”

Juis hierdie uitlating is sprekend van die Grey-debatspanne in 2018. 
Uitdagings word aan debatteerders gestel om moeilike onderwerpe te ondersoek, na te vors en te debatteer.  Wanneer hul besige buitemuurse program in ag geneem word, is hul prestasies nog meer prysenswaardig.

Debating remains a popular activity for the boys and in particular, the new intakes of every year.

There has also been a steadily growing interest in public speaking and it is encouraging to note that a number of schools have started hosting public speaking competitions.
We trust that Grey will also host a public speaking competition in the near future

We would like to thank coach Shaun Diakos, old Grey and debater. He has been coaching the teams for the past 10 years and we thank him for his impeccable dedication.

Alhoewel 2020 gekenmerk en onthou sal word as ’n jaar waar geen aktiwiteite kon plaasvind nie, was die junior- en senior debatspanne in die Vrystaat tog gelukkig om aan die eerste ronde van die debatkompetisie deel te neem. Dié jaar is die eerste ronde van die Vrystaat en die Noord-Kaap by Grey Kollege aangebied. Ongeveer sestig senior- en juniorspanne het deelgeneem. Tog was dit ’n teleurstelling om na die aankondiging van die spanne wat sou deurdring na die semi-finale ronde van die ATKV, die nuus te ontvang dat die jaar se kultuuraktiwiteite weens die Covid-19-pandemie opgeskort moes word. 

Dit voel egter nie of alles verlore is nie, want Grey-debattering en -redenaars kan net voortbou op dit wat in 2020 begin is. Vier juniorspanne het aan die eerste ronde deelgeneem en twee spanne het deurgedring na die semi-finale ronde. Die twee spanne was: Zak du Plessis, Danie Kruger en Chris Goosen;  asook Stefan Meintjies, Johan du Plessis en Jaco du Plessis. Ses senior debatspanne het aan die eerste ronde deelgeneem.  Die volgende spanne sou deurdring na die semi-finale ronde: Wouter van Aswegen, Ignus van Deventer, Ederich Preller, Eckard van Heerden, John Shaw en Christi Myburgh. Ongelukkig kon geen redenaars aan ’n kompetisie deelneem nie. Voorwaar steeds ’n goeie prestasie wat bewys dat debattering en redevoering by Grey Kollege gesond is.

Following an almost undefeated season in 2019, Grey College debating was both motivated and eager to improve on the results of last year. As such, we once again entered the SACEE Bloemfontein Debating League this year and performed excellently. The first two rounds of the tournament were hosted by Brebner High School and Grey College respectively. Both the Junior B and Senior A teams remain undefeated in their respective divisions for 2020.

In addition to the SACEE Bloemfontein Debating League, Grey College participated in the Motheo Debating League run by the Department of Basic Education and hosted by HTS Louis Botha. Here, too, all our participating teams triumphed in their respective rounds. The Free State Schools Debating Board (FSSDB) also hosted a Motheo District League tournament at Eunice High School where the boys performed very well. Although not victorious, our teams did end up in the top three based on average scores.

Furthermore, Grey College was invited to participate in the South African Parliamentary Schools Debates programme – an invitation never before extended to Grey College. Unfortunately, due to the Covid-19 regulations, this tournament was cancelled for 2020.

Out of a total of 42 debates scheduled for the season, excluding FSSDB and South African Parliamentary Schools Debates, Grey College only managed to participate in six. Both the Junior B team and the Senior A team finished the 2020 debating season undefeated.

Scroll Up
X