GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Interhoër swem

Geluk aan die Grey-swemmers wat gedurende die afgelope naweek aan die Interhoër-swemgala deelgeneem en uitstekend presteer het.

Ons verower in totaal die volgende medaljes:
29 x goud
21 x silwer
27 x brons
18 x 4de plekke

Die Grey-manne het ook al die spanbekers in die verskillende ouderdomsgroepe naamlik o/14, o/15, o/16 n o/17-19 jaar ingepalm.
Die trofee vir die seunskool met die meeste punte in die Vrystaat behoort ook aan Grey.

Daarbenewens het die volgende drie seuns trofeë verower vir die beste prestasies in hulle onderskeie ouderdomsgroepe:
Connor Reinders (14 jaar)
Simeon Vorster (16 jaar)
Kobus Groenewald (17-19 jaar). Hy ontvang ook die VICTOR LUDORUM trofee.

‘n Volhuis van 5 medaljes elk:
Connor Reinders     :           50m + 100m vlinderslag, 100m + 200m     
                                                kruipslag en 200m individuele wisselslag
Kobus Groenewald  :           50m + 100m + 200m kruipslag en 50m en 
                                                100m rugslag
Goue medaljes:                              
Eben Sutherland (100m rugslag)
Pieter Delport (400m kruipslag)
Hanko Buys (100m rugslag)
Benny Liu (200m kruipslag – nuwe rekord)
Kaleb Lombard (x2) (200m vlinderslag + 200 kruipslag – nuwe rekord)
Liam le Gassic  (x3) (200m individuele wisselslag + 100m kruipslag + 50m rugslag – nuwe rekord
Aiden Nel (x3) (100m + 200m borsslag + 200m rugslag)            
Luan de Waal  (x3) (50m +  100m +  200m borsslag)
Simeon Vorster  (x4) (50m vlinderslag + 50m* en 100m kruipslag* – beide nuwe rekords + 50m rugslag – nuwe rekord)

Silwer:
3 – Kaleb Lombard en Stephan de Beer
2 – Wian Serfontein, Liam le Gassic en Benny Liu     
1 – Pieter Delport, Simeon Vorster, JJ de Kock, Cobus Moolman, Thian du Toit, Eben Sutherland, Jacques Cilliers, Delarey Pretorius en André Claasen.

Brons:                      
3 – Lyon van Wijk
2 – JJ de Kock, Pieter Delport, Franco Labuschagne, Benny Liu, Gerrie Greyling, Cobus Moolman en Hanko Buys
1 – Luan de Waal, Henro Barnes, Wian Serfontein, Thian du Toit, HJ Knepscheld, Stephan de Beer, Jacques Cilliers, Aiden Nel, André Claasen en Theodor Ioannides.

Wisselslag-en kruipslagaflos:
14 jaar – Grey  A en B  – 1ste en 2de wisselslagaflos
– Grey A   – 1 ste kruipslagaflos
15 jaar – Grey A  – 1ste  wisselslagaflos*  (Rekord)
– Grey A en B  –  1ste en 2de in kruipslagaflos
16 jaar – Grey A   – 1ste wisselslagaflos* (Rekord)
    – Grey B   –  2de
             – Grey A  –   1ste kruipslagaflos
17 -19jr – Grey  A en B – 1ste en  2de in beide wisselslag- en kruipslagaflosse

Een van ons top-swemmers, Dewie Verster,  kon ongelukkig nie aan die gala deelneem nie, omdat hy in die SA-swemspan ingesluit is wat tans in Zimbabwe aan ‘n internasionale toernooi deelneem.

Die swemmers wil die skool bedank vir hulle ondersteuning Vrydagaand, ook vir die “Drumline”, die “Gumboot dancers”, die dirigente en die onderwysers wat bereid was om Donderdag en Vrydag as tydhouers op te tree. Ons waardeer dit opreg!

Scroll Up
X