GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Kovsies tennistoernooi

Die jaarlikse KOVSIES GREY KOLLEGE tennistoernooi is vanjaar weer met groot sukses aangebied. Top tennisskole van Paul Roos-Gimnasium, Paarl Boishaai, St.Andrews Grahamstown, Clifton, Waterkloof, Pretoria Boys High en Afffies het meegeding.
Soos gewoonlik was die finaal ‘n titaniese stryd propvol aksie en uitmuntende tennis tussen Grey en Paul Roos.
Met drie stelle elk het die laaste wedstryd ook op een stel elk geëindig en ‘n super valbylpot het die wedstryd beslis.
Ons het die valbylpot met 5-10 verloor en die silwer medaljes verower.

Vlnr: Jason Schimper, Gustav Fichardt (afrigter), Lieb du Raan, Francois Haasbroek, Louis Grobbelaar, SP Viljoen, Muller Esterhuyse, Ryno Louw en Naresh Mahabeer (tennishoof).

Scroll Up
X