GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Landloop | Cross Country

Inligting | Information

Ons skakel by die Bloemfontein Landloopsirkel in en landlopers moet aan vier van die ses ligawedstryde deelneem wat in die tweede en derde kwartaal plaasvind. Dikwels bots hierdie datums met interskoledatums en landlopers kan dus nie altyd aan hierdie vereistes voldoen nie. In 2018 is daar tydens interskole-naweke teen vyf skole meegeding.

Interskole-uitslae


HJS Paarl: Ons wen beide die seniors en juniors


Selborne College: Seniors wen en die juniors verloor.


Grey High: Ons wen volgens punte (vriendskaplik)


Glenwood: Wen beide die seniors en juniors


Paul Roos Gimnasium: Seniors verloor, juniors wen.

Veelkamp

Vyf Grey-seuns het weer hierdie jaar aan die Vrystaat Kampioenskap vir Tweekamp deelgeneem en drie Grey-seuns is in die Vrystaatspan ingesluit. Gean Viljoen verwerf ’n derde plek op die SA-Kampioenskapsbyeenkoms. Henro Bender palm sewende plekke in beide Twee- en Driekamp op die SA- Kampioenskapsbyeenkoms in. Gean Viljoen is ook in die Vrystaatspan ingesluit vir Driekamp en verwerf ’n sewende plek tydens die SA-byeenkoms. In Biathle wen hy ’n bronsmedalje, en in Triathle ’n goue medalje op die SA-byeenkoms. Hy word ook ingesluit in die SA-span wat in Egipte aan die Wêreldkampioenskap gaan deelneem en in ‘Laser Run’ verwerf hy individueel ’n derde plek tydens die Wêreldkampioenskap

Scroll Up
X