GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Museum

Die Grey Kollege Museum is amptelik op 12 Oktober 2005 as deel van die skool se 150-jarige bestaansjaarvieringe geopen. Die idee vir ‘n Grey-museum was ‘n jarelange droom van mnr JA Volsteedt, skoolhoof van 1993 tot 2012. Die idee vir ‘n museum is die eerste keer deur sy vader mnr AK Volsteedt (skoolhoof 1961-1969), op 10 November 1964 in ‘n onderhoud met die Volksblad bekend gemaak. Een en veertig jaar later is die museum op ‘n spesiale geleentheid ingewy.

In hierdie jaar is die voorportaal van die museum uitgeverf en die Sir George Grey-paneel oorgedoen. Nuwe glas-uitstalkaste is ook aangekoop. Die Grey-dassekas, horlosiekas, asook die Springbokbaadjiekas is voltooi. Die Tuck Shop se geskiedenis word in die nuut opgeknapte gebou uitgebeeld.
Die oud-Grey Springbokpaneel en skeidsregterpaneel is opgedateer en word in die College Corner-gebou uitgestal.
Die Casa Parentum-uitstalkaste is opgeknap en met nuwe glasdeure toegerus en die hokkie-uitstalling is hernu.
Die museumkantoor het ook gehelp met uitstallings in die nuwe wetenskapklasse.
Die antieke rugbybeertjie, Tom Mix, is skoongemaak en word tans in ’n spesiale glaskas uitgestal. Die museumkantoor is deurgans ook by die bemarking van die skool en sy korporatiewe identiteit betrokke deur die uitleg en druk van skoolvlae, dokumente, advertensies, inligtingsbaniere en aanwysingsborde. Instandhouding en opgradering van die Museum vind deurentyd plaas. Die afgelope jaar het verskeie besoekers vanuit die buiteland en Suid-Afrika die Grey Museum besoek. Gereelde positiewe terugvoer word oor die skool en die museum ontvang.

The museum is housed on the school campus and is open to the public in school hours. The museum building was constructed in 2005 and is home to the museum, the museum office, the Reunie office and a restaurant. A variety of artifacts can be viewed in the museum building, Old Gym Hall and in the Reunie Hall and the history of the school is displayed on information panels in the museum, Tuck Shop, Leith House, College Corner and in the Old Gym Hall.

Photographs, documents, clothing and objects are regularly donated to the museum by Old Greys and the public. As far as possible, only replicas of photographs and documents are displayed as the originals are stored in the museum archive.

In the past year various media outlets and film crews used the Museum as backdrop in documentaries about the school and Old Greys. The Grey Museum reflects the school’s proud history and the important role it has to play in shaping our country’s future. The work on new displays is an ongoing process. This involves research, writing, proof reading, photo retouching and the layout of information panels. New displays are planned for the Museum, Pavilion, Reunie Hall, Old Gym Hall, rugby change room and the Centenary Hall. The digital archive has grown extensively and is used for research on a new display or finding information on Old Greys. The museum office receives many inquiries from the press, researchers and families of Old Greys. The archive also houses digital copies of press cuttings concerning Grey College learners and Old Greys.

Scroll Up
X