JSE en Liberty se Beleggingspel
Gedurende 2019 het 14 Grey-spanne vir die jaarlikse JSE Beleggingspel- kompetisie ingeskryf. Spanne, bestaande uit vier lede, van skole regoor die land skryf in met die hoop om die meeste opbrengs te maak uit virtuele geld wat aan hulle verskaf word.
Ons Grey-spanne het baie goed gevaar in die kompetisie en het veral in die Vrystaat uitgeblink. In die Vrystaat stap die skool weg met die eerste, tweede, derde, vierde, sesde, agtste, negende en tiende plek.
Grey Kollege se beste span, “The Money Team”, bestaande uit vier gr. 11-leerders: Paul Zietsman, Julian du Toit, Louis Grobbelaar en Thinus Beneke, het die beste van al die Grey-spanne in die kompetisie gevaar. Hulle belê in aandele op so ‘n wyse dat hulle in ‘n ses maande tydperk meer as R50 000 opbrengs maak. In ‘n moeilike ekonomiese klimaat is dit uitstekend. Hierdie span eindig ook onder die Top 20 in Suid-Afrika.