GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Oud-Protea nou krieketspesialis

Oud-Protea nou krieketspesialis

Grey Kollege kondig met trots aan dat die voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, Ryan Mclaren, by die Grey-krieketfamilie aangesluit het as krieketspesialis en konsultant vir beide die hoër- en die laerskool.
Hy is hoofsaaklik die hulpafrigter van die eerstespan, maar hy is ook tot beskikking van die o/11 tot o/19 krieketspanne as konsultant, waar hy sal fokus op spesiale vaardighede en tegniese ontwikkeling.
Ryan is reeds betrokke by die huidige winterkrieketprogram.
“Dit is ‘n voorreg om hier te kan wees en ek sien dit beslis as ‘n geleentheid om terug te ploeg in Grey-krieket. Grey is immers die plek waar ek leer krieket speel het en waar ek kon ontwikkel om my volle potensiaal te bereik”, sê Ryan.
Volgens hom is sy visie vir Grey se krieket om nie net goeie krieketspelers te ontwikkel nie, maar om hulle ook aan te moedig en onderrig om beter mense te wees. Grey gentlemen.

Volgens Adri Swanepoel, direkteur van krieket by Grey Kollege, is Ryan se aanstelling deel van die plan om krieket by Grey te bevorder.
Huidiglik is daar naby aan ‘n totaal van krieketspanne (junior en senior).
Die fasiliteite word tans uitgebrei en opgradeer en Ryan se krieketkennis en passie vir Grey Kollege en die kinders, is beslis sleutel tot die ontwikkeling van ‘n hoë prestasieprogram.

Scroll Up
X