GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Prestasies | Achievements

UITMUNTENDE PRESTASIES IN ANDER SPORTE |
EXCELLENT ACHIEVEMENTS IN OTHER SPORTS

Grey Kollege se leerders lewer waardevolle bydraes op verskeie terreine, ook buite die skoolmilieu.
Ongelooflike prestasies is in sportaktiwiteite gelewer wat weens bepaalde redes nie by die skool aangebied kan word nie.
Daar is ‘n groot aantal talentvolle sportmanne wat nie aan Grey Kollege se tradisionele sportsoorte deelneem nie.
Die prestasies van Grey-seuns in sportsoorte buite skoolverband word hoog op prys gestel en daarom word daar gepoog om die nodige erkenning aan hierdie leerders te gee. Ongelukkig word nie al die suksesse en prestasies met die skool gekommunikeer nie en spanbestuurders, sportliggame en ouers word aangemoedig om die skool op die hoogte te hou van prestasies wat deur Grey-leerders behaal word.

Judo

Joshua Schroeder: Won a silver medal at the SA Judo Open Championship.

Epee | Fencing

Johanco Viljoen: Won a bronze medal at the Free State Senior Men’s Epee provincial competition.

Bench Press | Powerlifting

Ruben Snyman: IPF World Bench Press Champion in the sub junior category.

Potspel | Snooker

Franco Kriel: Kwalifiseer vir Protea-kleure in Potspel vir 0/23 (einde 2017) en kan as lid van die SA Proteaspan aan die Wêreldkampioenskap in 2018 deelneem. Hy is die SA 0/21-Snoekerkampioen en kwalifiseer vir Protea-kleure en om aan die Wêreldkampioenskappe in 2018 in China deel te neem maar onttrek, omdat hy vanjaar in graad 12 is. Gedurende sy skoolloopbaan verwerf hy Protea-kleure in: 0/18 Potspel, 0/23 Potspel, 0/16 Nege-bal, 0/19 Nege-bal en kwalifiseer vir SA 0/21 Snoeker.

Snoeker | Pool

Mundus Grové: Vrystaat senior snoekerkampioen in vyftien en ses rooi. Hy word vir die 0/18 Vrystaat B-span in swartbal potspel gekies en verwerf Protea-kleure. Hy gaan later vanjaar aan die Wêreld Snoekerkampioenskap in China deelneem; ‘n prestasie wat hy ook in 2017 behaal het.

Warm Lugballon | Hot Air Balloon

Jos Minnaar: Lid van die span wat aan die Wêreld Warm Lugballon kampioenskap in Oostenryk gaan deelneem.

Pluimbal | Badminton

Jan-Hendrik Knox: Verteenwoordig die Vrystaat 0/15-span by die Suid-Afrikaanse Skolebyeenkoms. Hy speel tydens die SA’s in die 0/15-seuns enkels en dubbels en wen in beide silwermedaljes.

Koreaanse Krygkuns | Combat Tang Soo Do (CTSD)

Leyton Markram: Verkies tot die Suid Afrikaanse Presidentsontwikkelingspan wat Suid Afrika in Augustus 2018, by die 5de Wêreldwye Tang Soo Do Familie (WWTSDF) Wêreldkampioenskap in London verteenwoordig het. Hy verower ‘n silwermedalje in die Swaardvormsafdeling en ‘n goue medalje in Lang Wapenvormsafdeling. Hy ontvang sy 1ste Dan in CTSD en Vrystaat-kleure in Koreaanse Krygkuns.

Kevin Markram: Verkies tot die Suid Afrikaanse Presidentsontwikkelingspan wat Suid Afrika ook by die 5de Wêreldwye Tang Soo Do Familie (WWTSDF) Wêreldkampioenskap in London verteenwoordig het. Hy verower silwermedaljes in beide die Lang Wapensvorms- en Swaardvormsafdeling en verwerf ook Vrystaat-kleure vir Koreaanse Krygkuns.

Malcolm Markram: Verkies tot die Suid Afrikaanse Presidentsontwikkelingspan wat Suid Afrika by die 5de Wêreldwye Tang Soo Do Familie (WWTSDF) Wêreldkampioenskap verteenwoordig het. Hy verower ‘n silwermedalje in die Swaardvormsafdeling en ‘n goue medalje in Lang Wapensvorms- afdeling asook ‘n bronsmedalje. Hy ontvang voorts ook Vrystaat-kleure vir Koreaanse Krygkuns.

Bowls

Jarred Brown: Won gold during the 2018 South African Bowls Championship.

Sabre | Fencing

Renier J. Veitch: Included in the 2018 Junior National Team that competed in the Junior Fencing Commonwealth Games that took place in Newcastle, UK during July 2018. By competing internationally for South Africa, he received his National Colours for fencing. Renier completed the National Referee fencing examination and is a registered Epee referee for South Africa.

Rugby Skeidsregter | Rugby Referee

Dirkie Laas slaag ‘n keuringsproses ten opsigte van die Vrystaatse skeidsregters en word vanaf Liga 4 na Liga 3 bevorder.

MotoX

Thabo Verster is gekies om Suid-Afrika tydens die FIM Afrika MotoCross Beker in Zambië te verteenwoordig.

Scroll Up
X