GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

SA Laserrun Kampioenskappe

Twee o/15 Grey-manne, Botha Barnard en Jean-Jacques Holtzhausen, het in Julie die Vrystaat verteenwoordig tydens die SA Laserrun kampioenskappe, waar
Jean-Jacques ‘n goue medalje en Botha ‘n silwer verower het.
Hulle is albei ingesluit in die SA-span en het die afgelope naweek in Budapest aan die die Wêreld Laserrun kampioenskappe deelgeneem.
Jean-Jacques het uitmuntend gevaar en is gekroon as die o/15 Wêreldkampioen!
Die o/15 SA-span bestaande uit Holtzhausen en Barnard, sowel as Marco Prins (Gauteng) en Ruan le Roux (Oostelike Provinsie) het ‘n silwer medalje verower!

Foto: Jean-Jacques (links) en Botha Barnard (regs), in aksie tydens die SA kampioenskappe.

Scroll Up
X