GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Muurbal | Squash

Inligting | Information

Die jaar 2020 sal onthou word as ‘n ongewone jaar vir Grey Muurbal.
Die spelers het vroeg in die jaar alreeds uitgespeel vir ‘n plek op die ranglys en die muurbalspelers, sowel as afrigters en spanbestuurders, het baie uitgesien na ‘n opwindende jaar wat voorlê. Daar was baie meer spelers as vorige jare en die seuns het baie potensiaal getoon.

Gebeure | Events

Uitslae | Results

In Februarie 2020 het die seisoen op ‘n hoë noot begin met Saint Andrews se muurbalfees, waar die eerstespan uitstekend presteer het deur vyf van hulle ses wedstryde te wen. Die St Stithians-muurbaltoernooi is altyd ‘n groot hoogtepunt op ons kalender, maar kon ongelukkig nie dié jaar weens die impak van die Covid-19-pandemie plaasvind nie. Die jaarlikse winterliga is ook gekanselleer wat gewoonlik baie tot die ontwikkeling van die spelers bydra.

Bernhard Bührmann, wat die kaptein van die eerstespan was en ook die nommer 1 posisie op die ranglys beklee het, het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Ons spreek ons opregte dank uit vir sy bydraes tot muurbal by die skool.

Scroll Up
X