GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Swem | Swimming

Inligting | Information

’n Eerste hierdie jaar was die swemkompetisie wat tydens die interskool-naweek tussen Grey Kollege en Paul Roos Gimnasium in yskoue weer plaasgevind het.
Dit was ’n aflosgala vir die verskillende ouderdomme en Grey Kollege wen met 205 punte teenoor PRG se 194.
Dit is beslis ‘n tradisie wat voortgesit sal word sodat swemmers die geleentheid kry om meer gereeld mee te ding tydens interskole.
2018 was werklik ’n jaar met baie hoogtepunte!

Gebeure | Events

– 16 Jan: Grey Gala
– 8 Feb: Westville gala
– 9,10 Feb: Midmarmyl
– 17 Aug: Paul Roos interskool

Uitslae | Results

– Die gala in Pretoria waar die skool teen vyf Gautengse skole sou meeding, kon weens swaar weer en ‘n kragonderbreking nie voltooi word nie. Na slegs 10 items moes die gala afgelas word en op daardie stadium het ons reeds 9 van die 10 items gewen.
– Op 9 Februarie het ’n span van 30 swemmers aan die opwindende Westville-aflosgala in Durban gaan deelneem, waarheen 11 ander goeie swemskole genooi word. Westville, die beste swemskool in Suid-Afrika, wen die gala met 309 punte, -terwyl ons die tweede plek verower met 275 punte.

– Tydens die Interhoërgala op 22 en 23 Februarie 2018, het die Grey-manne uitstekend presteer met 31 individuele bronsmedaljes, 33 individuele silwermedaljes en 28 individuele goue medaljes.
Daarby het die wisselslag- en vryslagaflosse deur die bank eerste plekke verower. Grey Kollege het weer al die spankompetisiebekers verower, asook die beker vir die skool wat die meeste punte tydens die gala ingepalm het.
Gawie Nortjé en Kobus Groenewald het elk 4 silwermedaljes verower, terwyl Luan de Waal en Simeon Vorster elk ’n volhuis van 5 goue medaljes ingeoes het.
Simeon verpletter 4 rekords tydens die gala en word aangewys as die swemmer wat die meeste punte in die o/13-14 jaar ouderdomsgroep verower het.
Luan de Waal is as die Victor Ludorum van die byeenkoms aangewys en verower ook die trofee vir die swemmer wat die meeste punte in die o/15-16 jaar ouderdomsgroep ingepalm het.

– 15 swemmers het gekwalifiseer om aan die Junior Nasionale Swemkampioenskap in Durban te gaan deelneem en 7 swemmers het aan die Senior Nasionale Kampioenskap deelgeneem.
JP Seyffert is ingesluit in die SA-span wat in Malawi gaan deelneem het en Gawie Nortjé breek 2 Vrystaatrekords, en ’n SA-rekord in 100 m kruipslag. Gawie is ook ingesluit in die SA-span wat van 6 – 18 Oktober 2018 aan die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires gaan deelneem.

Scroll Up
X