2019
- Wildeklawer
1ste span klop Outeniqua 64-7
Strawberries verloor teen Paarl Gim 2des 13-5
16A klop Monument 35-7
15A klop Monument 41-5
14A klop Monument 24-8
- NoordSuid
1ste span klop Menlopark 59-28
1ste span klop Garsfontein 53-30
Cherries verloor 15-16 teen Garsfontein
Cherries klop Menlopark 26-3
- World Schools Festival by Paul Roos
Klop Christchurch (NZL) 73-26
Klop Southland (NZL) 54-0
Grey Old Boys klop Paul Roos Old Boys 19-0.
- Glenwood rugbyfees
14B/C verloor 24-40 teen DHS 14A
14B/C klop KZN ontwikkelingspan 27-5
14B/C klop Wesvalia Wesvalia 14A 7-5
15B/C klop Montana Uitnodigingspan 64-0
15B/C verloor 12-24 teen DHS
15B/C klop Montana 8-0
16B/C klop Eye of the Tiger 53-0
16B/C verloor 7-10 teen Montana 16A
16B/C verloor 13-22 teen Westville 16A
Peaches klop Westville 34-31
Peaches klop KZN Uitnodigingspan 68-0
Peaches klop Montana 22-15
- Paarl Gimnasium-toernooi
o/14
Klop Paarl Gimnasium 32-24
Klop die Toernooispan 67-6
Klop Brandwag 80-0
o/16
Klop Paarl Gimnasium 14-10
Klop Kemptonpark 67-12
Klop Outeniqua 28-7
o/15 HJS Paarl-toernooi
Klop Stellenberg 27-0
Klop Menlopark 16-3
Verloor 12-28 teen Paarl Gimnasium
- Duineveld en Upington
14A klop Duineveld 14A 71-0
14B klop Upington 14A 50-7
14C verloor Curro Kathu 15A 7-33
14D klop Duineveld 14B 50-0
14E verloor Keimoes 15A 0-50
15A klop Duineveld 15A 92-0
15B klop HMO 16A 31-5
15C gelyk Upington 15A 10 elk
15D verloor Groblershoop 15A 5-21
15E verloor Namakwaland 15A 0-52
16A klop Upington 16A 68-0
16B klop Duineveld 16A 38-13
16C klop Namakwaland 17A 38-0
16D klop Duineveld 16B 34-0
1stes klop Duineveld 1stes 62-21
Cherries klop Upington 1stes 58 – 5
Peaches klop Duineveld 19B 50-5
Playboys klop Curro Katho 19A 58-0
Packs klop Curro Kathu 19A 54-0
Pigs klop Duineveld 19C 36-7
Crocks klop HMO 19A 22-14
Camels verloor Aggeneys 19A 23-10
Kaas&Wyn verloor Duineveld 4de 10-13
Metals (10) verloor Keimoes 19A 0-35
11des verloor Groblershoop 19A 0-25
- Sevens
Janco Cloete has been selected for the SA u/18 Sevens team!
He is the only player selected from the Free State.
They will be participating in the Capricorn Windhoek International 7’s tournament from 6 to 10 March 2019.
SPS Brandfort
14A beat Welkom-Gimnasium 14A 105-0
14B beat Hentie Cilliers 14A 51-0
15A beat Welkom-Gimnasium 15A 73-0
15B beat Hentie Cilliers 15A 70-3
16A beat Welkom-Gimnasium 16A 57-0
16B beat Hentie Cilliers 16B 52-7
16E beat Marquard 16A 34-0
1st team beat Welkom-Gimnasium 29-0
Cherries beat Hentie Cilliers 19A 56-7
Peaches beat Welkom-Gimnasium 2nd 36-7
Playboys beat Hentie Cilliers 2nd 70-0
2018
Die eerste rugbyspan van 2018 het ‘n uitstaande seisoen beleef deur die seisoen eerste en onoorwonne op die SA-ranglys af te sluit.
Ten spyte van ‘n lang seisoen met baie wegwedstryde, sterk opposisie en strawwe bepalings, het die span hulself uitstekend van hul taak gekwyt.
Die span het 13 wedstryde gespeel, waarvan 10 wegwedstryde was en slegs drie wedstryde tuis gespeel is. Onder leiding van die kaptein, WJ Steenkamp, was die span ‘n hegte eenheid.
Die span se goeie hardlooprugby en kondisionering was telkemale ‘n deurslaggewende faktor in Grey Kollege se oorwinnings.
Die goeie beplanning en ‘n strawwe voorseisoen se voorbereiding onder leiding van ‘n hardwerkende bestuurspan, met Inus Keyser as kondisioneerder, was die sleutel tot die 2018-seisoen se sukses.
Die vasberadenheid om te wen en die geestelike uithouvermoë wat die seuns ten toon gestel het in wedstryde teen Affies, Hoër Jongenskool Paarl en Paul Roos Gimnasium sal nog lank onthou word.
Die eerste span van 2018 se uitstaande kenmerk was dat hul teen ‘n hoë tempo rugby gespeel het en baie fiks was, dus kon ander spanne soms nie die pas teen Grey Kollege volhou nie.
‘n Span bestaan egter uit vyftien spelers en elkeen het bygedra tot die sukses van die span. Die eerste rugbyspan van 2018 het egter tradisionele Grey-rugby gespeel deur goeie
aanvalbewegings te loods en hulle samespel het vir pragdrieë gesorg. Die groep spelers was ‘n gelukkige span waar hegte vriendskappe gesmee is.
Die geestelike groei en die span se afhanklikheid van ons hemelse Vader was ten alle tye deel van die wedstrydplan.
- Baie geluk aan die 14 Grey Kollege-spelers wat die Vrystaatse Cravenweekspan verteenwoordig het.
- Grey Kollege het ook agt Vrystaat Akademiespan-spelers, sowel as die meerderheid spelers van al die Vrystaatse hoërskole se junior provinsiale spanne, opgelewer.
- Geluk aan Herman Agenbag, Wyclef Vlitoor en De Wet Marais wat in die SA- Skolespan ingesluit is.
- Ross Braude het ook die SA Sewesspan verteenwoordig.
- Grey Kollege het ook weer die jaarlikse MiWay 7’s-toernooi in beide die 0/17- en 0/15- afdelings gewen. Die skool het aan ‘n toernooi in Paarl deelgeneem waar die 0/15’s en 0/17’s onderskeidelik derde en tweede geëindig het. 12 Grey Kollege-spelers is gekies om die Vrystaat 0/17-span by die interprovinsiale toernooi te verteenwoordig en Grey Kollege het voorts ook vir drie landswye nasionale toernooie in Oktober 2018 gekwalifiseer.
Grey Kollege se rugby is kerngesond omdat al die skool se rugbyspanne baie sterk vertoon het tydens tradisionele interskole-wedstryde. Die hoogtepunt hiervan was dat Grey Kollege teen Paul Roos Gimnasium vir die eerste keer in die geskiedenis al die rugbywedstryde wat op die dag gespeel is, oortuigend gewen het.
Die 0/16A-span het hulself goed van hul taak gekwyt, terwyl die nasionale 0/16 Grant Khomo-week die eerste keer in die geskiedenis deur ‘n Vrystaatspan gewen is waarvan 22 van die 23 spelers Grey-seuns was. Die 0/15A-span was ook ‘n span wat opwindende rugby gespeel het en hul jaar onoorwonne afgesluit het. Die 0/14A-span se afrigters het ‘n baie goeie fondasie vir die toekoms gelê.
Die spelers het ontwikkel en die ware Grey-kultuur aangeleer wat ‘n blink toekoms vir Grey-rugby voorspel.