GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Voortrekkers

Die Voortrekkers is ‘n jeugbeweging vir die Afrikaanssprekende jeug wat ‘n Christelike lewenswyse handhaaf. Almal wat hulself dus vereenselwig met die Afrikaanse taal en kultuur en wat hulself as Christene beskou, kan lid word van Die Voortrekkers. Grey Kollege se Voortrekkerkommando staan bekend as die Pres. M T Steyn-kommando, wat heel gepas is, want M T Steyn het nou bande met Grey gehandhaaf in die laat 1800’s en die vroeë 1900’s. Die kommando is wel gesetel by Grey, maar meisies van Oranje en Eunice is ook lede van die kommando.

Die Voortrekkers is ’n plek waar jeuglede kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier.

Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van KultuurAvontuur en Natuur. Deur dié metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol dienbare leiers vir môre ontwikkel.
Die uitkomste van Die Voortrekkers se leierskapsontwikkeling is selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan. Hiermee VAT Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.

Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan. Hiermee VAT Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.

Grey College Culture

GEBEURE EN UITSLAE | EVENTS & RESULTS

Die skool se kommando is baie betrokke by provinsiale geleenthede en woon elke jaar onder andere die volgende by:

  • Die jaarlikse April-vakansiekampe op Doornkloof, die Voortrekkerplaas:
    • Ontdekkerskamp (Graad 8)
    • Kompetisiekamp (Graad 9)
    • Leierskamp (Graad 10)
    • Veldkamp (Graad 11)
    • Seniorkamp (Graad 12)
  • Die jaarlikse Hoofleierswagtoetsing (net vir Graad 12) en Presidentsverkenner Afrondingskamp (elke jaar in ‘n ander provinsie).
  • Daar is verskeie geleenthede om kampe in ander gebiede by te woon deur die loop van die jaar. Hierdie kampe sluit in Wilgedraai Waterwerkkamp, Seejol (ja – dit is by Hartenbos) en Branderkaperjolle.
  • Die jaarlikse Jeugberaad op Doornkloof, waar daar lekker gekuier word en een of twee kentekens afgehandel word
  • Verskeie kommando-aktiwiteite, soos spanbyeenkomste, besoeke aan instansies waar daar diens gelewer word (ons huidige projek is Lerato Chreche in Bainsvlei) en formele geleenthede soos ons afsluiting.

Vier van Grey se seuns is uitgenooi na die Voortrekkers se Presidentsverkenner Toetskamp, wat vanjaar plaasgevind het by Hartbeespoort buite Pretoria.
Al vier die Grey-manne het daarin geslaag om die Presidentsverkenner-toekenning te verwerf. Dit is die hoogste toekenning wat op jeugvlak deur Voortrekkers verwerf kan word. Veels geluk aan die vier seuns wat almal deel is van die Pres. MT Steyn kommando. PJ Bosman, Stefan Smith, Louis van der Walt en Johanco Viljoen. Ses van die meisies in hierdie groep, wat lede is van Oranje en Eunice, het ook hierdie gesogte toekenning verower.

Scroll Up
X