GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Waterpolo | Water Polo

DAVID MACKENZIE

Direkteur van Waterpolo | Director of Water Polo

Inligting | Information

Waterpolo word beskou as Suid-Afrika se vinnigste groeiende somersport en die getalle van die skool se waterpolospelers bevestig dit. Grey College se waterpolo spanne het aan toernooie regoor die land deelgeneem waar hulle teen die top waterpolo skole in die land meegeding het.
Meer gereelde blootstelling aan wedstryde teen sterk kompetisie laat spelers toe om hulle tegnieke en kennis van die sport te verbeter. 

In die 2017-2018 seisoen is twee gesogte waterpolotoernooie by Grey Kollege aangebied. In die 0/14-toernooi aan die einde van 2017 het 20 van die land se top spanne deelgeneem. Grey Kollege se 0/13A- en 0/14A-span het aan hierdie toernooi deelgeneem en baie goeie ervaring opgedoen. Beide hierdie spanne het baie goed in 2018 presteer as gevolg van die nodige blootstelling aan die einde van 2017. 

Gedurende die ITEC o/18-toernooi wat in Januarie 2018 aangebied is, het ‘n verdere 16 top spanne van regoor die land deelgeneem.

Grey Kollege se 1ste span wen 3 van die 7 wedstryde.

In Julie 2018, is die nuwe 1ste spanafrigter, David Mackenzie, aangestel.

David het ‘n merkwaardige reputasie binne waterpolokringe. Hy het in die verlede by Grey High sowel as St Andrews, Grahamstad, afgerig en beide van hierdie spanne het onder sy leiding in die top 3 in die land geëindig. Binne sy eerste twee maande van afrigting is daar alreeds ‘n duidelike verbetering in die 1ste span gesien.

– Beleid
– Proewe
– Oefentye

Gebeure | Events

– 17-20 Januarie: o/14, 15, en 1ste spanne toer na Port Elizabeth

– 24-26 Januarie: o/18 ITEC-toernooi

– FEB? Grey High toernooi

– 24-26 Oktober: o/14 ITEC-toernooi

Scroll Up
X