GREY KOLLEGE SEKONDÊR
PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS

GREY COLLEGE SECONDARY
PARALLEL MEDIUM SCHOOL FOR BOYS

Menu

Rugby

Sedert so vroeg as 1873, het Dr.Johannes Brill (rektor), besluit dat sport ‘n integrale deel van Grey Kollege sal word, juis met die uitkykpunt om vriendskapsbande tussen leerders te smee.
Rugby was reeds vroeg ‘n gewilde keuse en volgens rekords is die eerste rugbywedstryd teen St.Andrews Skool in Bloemfontein, op 4 Junie 1881 gespeel.
In 1894 het twee onderwysers , EJ Spurway (Queenstown) en D. Pyne-Mercier (Ierland) by Grey begin skoolgee en hulle kan basies as die pioniers van rugby-afrigting by Grey Kollege beskou word.
Met die uitbreek van die Anglo Boereoorlog, was rugby reeds ‘n goed gevestigde en beslis die gewildste sportsoort by Grey Kollege gewees.

Dr. Johannes Brill (rector) decided as early as 1873 that sport would form an integral part of Grey College especially with the view on establishing friendship bonds between learners.
The first recorded rugby match was played on 4 Junie 1881 against St.Andrews School in Bloemfontein.
In 1894 two teachers EJ Spurway (Queenstown) and D. Pyne-Mercier (Ireland) started at Grey College and they can basically be seen as the pioneers of rugby coaching at Grey.
When the Anglo Boer War started, rugby was already an established sport and definitely the most popular sport at Grey College.

BOBBY JOUBERT

Direkteur van Rugby | Director of Rugby

Die eerste rugbyspan van 2018 het ‘n uitstaande seisoen beleef deur die seisoen eerste en onoorwonne op die SA-ranglys af te sluit.
Ten spyte van ‘n lang seisoen met baie wegwedstryde, sterk opposisie en strawwe bepalings, het die span hulself uitstekend van hul taak gekwyt.
Die span het 13 wedstryde gespeel, waarvan 10 wegwedstryde was en slegs drie wedstryde tuis gespeel is. Onder leiding van die kaptein, WJ Steenkamp, was die span ‘n hegte eenheid.
Die span se goeie hardlooprugby en kondisionering was telkemale ‘n deurslaggewende faktor in Grey Kollege se oorwinnings.
Die goeie beplanning en ‘n strawwe voorseisoen se voorbereiding onder leiding van ‘n hardwerkende bestuurspan, met Inus Keyser as kondisioneerder, was  die sleutel tot die 2018-seisoen se sukses.
Die vasberadenheid om te wen en die geestelike uithouvermoë wat die seuns ten toon gestel het in wedstryde teen Affies, Hoër Jongenskool Paarl en Paul Roos Gimnasium sal nog lank onthou word.
Die eerste span van 2018 se uitstaande kenmerk was dat hul teen ‘n hoë tempo rugby gespeel het en baie fiks was, dus kon ander spanne soms nie die pas teen Grey Kollege volhou nie.

‘n Span bestaan egter uit vyftien spelers en elkeen het bygedra tot die sukses van die span. Die eerste rugbyspan van 2018 het egter tradisionele Grey-rugby gespeel deur goeie aanvalbewegings te loods en hulle samespel het vir pragdrieë gesorg. Die groep spelers was ‘n gelukkige span waar hegte vriendskappe gesmee is.
Die geestelike groei en die span se afhanklikheid van ons hemelse Vader was ten alle tye deel van die wedstrydplan.

– Beleid
– Proewe
– Oefentye

1882 Grey Kollege 1ste Rugby Span | 1882 Grey College 1st Rugby Team

Rugby Hoogtepunte | Rugby Highlights

  • 46 Springboks
  • 16 Blitzbokke
  • 93 SA Skole rugbyspelers
  • Grey is die skool met die meeste spelers in Super Rugby, Europese klubrugby, Curriebeker
    en Varsitybeker.
    Dit is hoogs onwaarskynlik om nie SA Skolerugby te domineer nie.
  • Die eerstespan het 13 onoorwonne seisoene vanaf 1981 – huidiglik.
  • Aangewys as die beste rugbyskool in 2016, 2017 en 2018 deur algeheel eerste op die ranglys te eindig in die gekombineerde
  • 46 Springboks
  • 16 Blitzbokke
  • 93 SA Schools Rugby Players
  • Best represented school in Super Rugby, European club rugby, Currie Cup
    and Varsity Cup.
    It’s highly unlikely for Grey College not to dominate SA Schools Rugby:
  • Grey’s 1st team has 13 unbeaten seasons from 1981 until now.
  • Grey College is the best rugby school in 2016, 2017 and 2018 by ending overall first in the combined age group rankings.

Provinsiale Spanne | Provincial Teams 2019

2019:

17 – Cravenweekspelers

67 – Provinsiale spelers in totaal

Scroll Up
X